"Sommige mense stel van jongs af in finansies belang. Hulle leer finansiële vaardighede aan en maak geld, maar om die materiële welvaart waarvoor hulle so hard gewerk het te geniet, moet hulle ook op ander terreine van hulle menswees geluk vind.
Daarteenoor is daar ook mense wat geensins in finansiële sake belangstel nie. Hulle vind artikels oor persoonlike finansies vervelig en gooi die sakebylae van koerante summier in die asblik. Volgens hulle bring geld nie geluk nie, maar om 'n sinvolle bestaan te voer het hulle tog geld nodig en as hulle hulle geldsake nie goed bestuur nie, vind hulle in elk geval nie geluk nie."
Daar is baie boeke wat handel oor onderafdelings van welvaartskepping, bv. boeke oor beleggings, maar daar is min boeke wat n meer holistiese benadering tot welvaartskepping volg.
Manus Moolman (D.Phil) bespreek n groot aantal van die aspekte wat belangrik is vir welvaartskepping en gee ook baie bruikbare praktiese riglyne wat idees in dade oorsit. Die heel lekkerste is dat Manus in Afrikaans hierdie begrippe en prosesse vir die welvaartskepper oopmaak.
FREE DELIVERY on this product
Postage Cost: R 0.00
My Wealth