Die skrywer ontgin die sintuie en gedrag van diere en die natuur se planmatige siklus en hoe die oorlewing van die sterkstes in vandag se Besigheidsoerwoud n nuwe betekenis kry in n altyd veranderende besigheidslandskap. Besigheidslesse vir die entrepreneur, klein/medium besigheidseienaars en besigheidsbesluitnemers deur assosiasie met stories uit die natuur. Die natuur leer ons belangrike lesse, soos om nie net te oorleef nie, maar ook om te floreer in n atyd-groterwordende, kompeterende globale besigheidsomgewing. Hierdie is stories uit die hart van Afrika natuur wat belangrike lesse vir suksesvolle besigheid uitpel. 'n Unieke en vars benadering om die sleutel faktore vir sukses, in n globale besigheidsomgewing te verstaan.