Product Categories

Finansiële onafhanklikheid vir die boer


R 214.61

Finansiële onafhanklikheid vir die boer Summary

Oor hierdie boek het Keith Ferguson, Direkteur: Standard Bank Financial Consultancy, die volgende te sê: "Hierdie boek is 'n besondere waardevolle hulpbron vir landboubesigheidmense wat 'n grondige kennis van finansies en verwante sake verlang en ook graag 'n verwysingsbron oor finansiële beplanning en beleggingssake byderhand wil hou."

Alhoewel die landbou as voorbeeld in die boek gebruik word om finansi ële beginsels te illustreer, kan dit deur enige sake eienaar vir beplanningsdoeleindes gebruik word. Ferguson maak verder die volgende stelling: "Die finansiële en beleggingswêreld het ook heelwat verandering in die afgelope paar jaar gesien. Die ou, duidelike skeidslyne tussen versekeringsmaatskappye, beleggingsmaatskappye, banke een effektemakelaars het vervaag. Alle boere het duidelike riglyne nodig om hulle te help om die uitwerking van hierdie nuwe, en dikwels ingewikkelde faktore, te verstaan."

Die boek is 'n moet vir enige sakeman wat sy finansies doeltreffend wil bestuur. Persoonlike finansies word nie as 'n skoolvak aangebied nie en mense moet maar op hulle eie probeer regkom as hulle eers 'n salaris verdien.Hierdie boek het ten doel om 'n bydrae te lewer om mense te help om hulle self te help. Die boek is bedoel om 'n holistiese inleiding te wees wat boere in staat  sal stel om self vir hulle finanisële onafhanklikheid te beplan. Dit is ook bedoel om 'n deuroopmaker te wees wat die leser sal stimuleer om dieper in te gaan op 'n aspek wat hom interesseer. Terwyl ander boeke riglyne vir boere bied om die wins van hulle ondernemings te vergroot, bied hierdie een riglyne om boere te help om die wins wat hulle gemaak het, doeltreffend vir finanisële onafhanklikheid aan te wend.

'n Finansieel onafhanklike boer beteken nie dat hy nie hoef te werk om 'n inkomste te ontvang nie. 

Ook die versekeringsbehoeftes van die boer word bespreek: Leer meer oor konsepte soos:

  • Termynversekering. Termynversekering is die goedkoopste soort dekking en geld net vir 'n vasgestelde tydperk.
  • Heleleweversekering. Heleleweversekering is duurder as termynversekering, maar as dit aan 'n spesifieke behoefte voldoen, is dit regverdigbaar.
  • Uitkeerpolisse. Uitkeerpolisse kan 'n spaar- sowel as 'n risiko element besit. Indien die versekerde nie binne die termyn van die uitkeerpolis sterf nie, ontvang hy 'n kontantbedrag.
  • Uittree-annuiteite. Uittree-annuiteite is aftree-produkte wat hoofsaaklik deur die versekeringsbedryf bemark word.
  • Lewensdekking. Dit beteken dat daar 'n kontraktuele verhouding tussen 'n versekeringsmaatskappy en 'n versekerde is om 'n vasgestelde geldsom aan die versekerde of sy begunstigde uit te betaal.
  • Ongeskiktheid. Ongeskiktheid beteken dat 'n versekerde nie meer in staat is om te werk nie. 'n Mens kan jouself teen hierdie risiko verseker.





Postage Cost: R 30.12



Bulk Buying Options
single R 214.61 
2 up to 10 R 1,355.40per item

My Wealth

Product Images

Customer Reviews

No Reviews Posted Yet - be the first! (write review)

Related Products

Share |
Shopping Basket
ZAR
0 items
R 0.00
Recent
Besigheidsoerwoud
Recent
Finansiële onafhan..
Recent
My e-Broker
PayPalPay by other