Product Categories

Skep welvaart uit jou huidige inkomste

R 225.90
R 169.43

Skep welvaart uit jou huidige inkomste Summary

Is jy een van diegene wat al hoe harder werk, maar al hoe minder in jou sak sit?
Dan is hierdie boek oor persoonlike welvaartskepping 'n MOET!
Kyk hoe Professor Japie Kroon, Programleier, Skool vir Ondernemingsbestuur van die N
oordwes-Universiteit die boek beskryf:
"Skep welvaart is 'n boek wat elke mens wat finansieel onafhanklik wil wees, moet lees. Die voordeel wat 'n mens daaruit kry, maak die prys van R200 kleingeld. Neem die besluit en koop jou kopie - jy sal nie spyt wees nie. Dit is 'n tipe praktiese Suid-Afrikaanse weergawe van Rich dad poor dad - 'n moet-lees vir almal ..." en: "Die boek is in maklike verstaanbare taal geskryf en sal enige persoon wat ernstig oor sy finansiële welvaart is 'n manier van dink bied om finansieel onafhanklik te raak. Natuurlik, hoe vroeër 'n mens die boek in jou lewe lees en daarvolgens begin optree, hoe meer welvaart kan geskep word."
Het jy jou al die vraag afgevra waarom sommige mense ryk is en ander arm? In Suid-Afrika is daar 700 mense met bates van meer as R200 miljoen en 25 000 met belêbare bates van meer as R6 miljoen. Is al hierdie mense ryk gebore of was hulle maar net uitsonderlik gelukkig? Enige iemand wat weet hoe, kan binne 'n leeftyd 'n fortuin opbou. In Skep welvaart uit jou huidige inkomste - deur die geheime van deskundiges te ontdek, word die beginsels om geld te maak, in maklik verstaanbare taal bespreek. Skep welvaart open die weg vir die gemiddelde Suid-Afrikaner om welvarend te word.

Klik hier om die inhoudsopgawe en opsomming van die boek te sien

Lees Prof. Japie Kroon se hele resensie hier
 







FREE DELIVERY on this product

Postage Cost: R 0.00


My Wealth

Customer Reviews 2 review(s) posted (write review)

5 product stars
- Jacques Jansen van Rensburg - 05/01/2011 03:27:02
Naand Manus Daardie boek van jou is regtig goed en ek vind dit baie relevant. Ek sal dit waardeer as jy vir my nog boeke kan voorstel om te lees om soedoende my kennis te verbreed. Vriendelike groete

5 product stars
- Kobus Mostert - 14/01/2011 07:04:09
Ek het jou uitstekende boek " Skep welvaart - uit jou huidige inkomste" bekom met die CD. Verstaan ek moet registreer om dit ten volle te gebruik. Kan jy asb.help ?Dankie en groete,Kobus Mostert

Related Products

  • 9 Beginsels vir Welvaarts..
    Details
Share |
Shopping Basket
ZAR
0 items
R 0.00
Recent
Skep welvaart uit ..
PayPalPay by other